Wednesday, January 18, 2006

Have yourself a merry little Christmas...


As dit jou eerste besoek aan my blog is: BAIE WELKOM! As jy al hier was: WELKOM TERUG! Dankie dat jy weer kom inloer het.

Ek moet begin deur my liewe vriendin, Mandie, in London te bedank dat sy my ingelig het oor die blog - R50 vir jou Mandie. Sy is reeds vergewe omdat sy my 'n oermens genoem het toe ek ewe onskuldig gevra het wat 'n "BLOG" is. Onthou ek is maar net 'n kind van Afrika...

Ek het nog nie kans gehad om almal van julle te email vandat ek terug is by die werk nie, maar ek hoop dat julle almal 'n wonderlike Kersfees gehad het en dat 2006 jul tot dusver baie goed behandel.

Die foto is Kersfees geneem toe ek by my ouers op die plaas was. Op die foto is ek, my boetie Charles(Jnr), my pa, Charles (Snr) en my ma, El-marié.

1 Comments:

Blogger Mandie said...

Hi dol. Dis 'n pragtige blog! Jou ou copy cat! hehehe. Grappie grappie grrr! Welkom in die moderne samelewing! Mands

3:07 PM  

Post a Comment

<< Home