Thursday, January 26, 2006

Volksbladfees en Gariepfees

Ek het bietjie in my 2005-argiewe gaan grawe en gedink ek moet dalk so ietsie op my blog sit oor verlede jaar se Volksblad- en Gariepfeeste. Die van julle wat al 'n tydjie saamkom weet dat ek leef vir Kunstefeeste en sulke dinge.

Wel, verlede jaar was dit my nie beskore om KKNK of Aardklop toe te gaan nie, maar ek moet sê dat die Volksbladfees hier in Bloem en die Gariepfees in Kimberley darem salf vir die wonde gebring het. Inteendeel, nie een van die twee feeste hoef terug te staan vir die groter feeste nie. Dit was baie goed geörganiseer en die kunstenaars was van hoogstaande gehalte.

Ja, ja, helfte van julle skud nou julle koppe en sê: "Ag Elzanne, dis net omdat Ghapi en Navi Redd op albei hierdie feeste was dat jy so daaroor voel. Ja...okay...dis waar. Ek kan nou nie ontken dat - in my opinie - hierdie twee "bands" van die beste in die land is nie.

Al wat ek kan sê is: Gaan kyk 'n show van enige van hierdie twee "bands" en dan sal jy verstaan hoe verslawend hierdie mense se passie vir musiek en vir perform is. Hulle is briljante musikante en maak my opgewonde oor die lewe.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home