Monday, February 06, 2006

Sal ons ou vriende ooit vergeet...

Die afgelope twee weke was so great, want daar het 'n paar van my maters kom kuier wat ek eeue laas gesien het. Verlede naweek het Gabriël van Thabazimbe af vir ons kom kuier. Die res van die "gang" het almal opgetrek Bloemfontein toe en ons het die Saterdagaand heerlik gebraai en gekuier tot baie vroeg die volgende oggend.

Op die foto v.l.n.r. (agter) My boetie, Charles, Elsabé, Martin en (voor) Ek, Elizma en Gabriël.



Janharm was hierdie naweek hier in Bloemfontein - al die pad van Taiwan af. Rika en haar verloofde, James, het ook van Kimberley af deurgekom vir die kuier. Janharm is doodtevrede daar tussen die mense met die skrefiesoë en ek het my verstom aan alles wat hy te sê en te wys gehad het. Kobus, Henda, Jaffie, Melanie en Burger het ook tussenin saamgekuier, so daar was nie 'n einde aan die samesyn nie.

Janharm, Ek, Rika en James.

Ek en Rika.

Janharm (die Kok) het Saterdagaand vir ons kos gebou.

1 Comments:

Blogger Jan Harm said...

Hallo Bessie so het jy gesien ek het jou blog gelink aan myne????

1:55 PM  

Post a Comment

<< Home