Wednesday, February 15, 2006

Steve @ Sand du Plessis

My pa het Sondag verjaar en my geskenk vir hom was 'n show van Steve Hofmeyer in die Sand du Plessisteater. Het voordat ek 'n paar jaar gelede 'n show van hom by die KKNK gesien het nie veel tyd vir die man gehad nie, maar het my deuntjie verander toe ek agterkom wat hy eintlik vir musiek in SA beteken. Hierdie was ook 'n goeie show en ons het dit baie geniet. Eie aan Steve was daar slim kwinkslae en het hy driftig geraak oor Afrikaans en Afrikaner wees en die arme Anton Goosen het maar weer deurgeloop.


Steve tokkel die snare met sy medley van Neil Diamond songs.


Daar was met meeste van die songs hierdie 4 vioolspelende dames saam met hom op die verhoog. Dit het sy liedjies ongelooflik mooi ingekleur.

In aksie

Thabo het saam met Steve ook opgetree. My pa is mos 'n groot fan van Thabo, so dit was 'n bonus.


1 Comments:

Blogger Mandie said...

Aag lekker! Ek wonder wanneer ek eendag weer 'n Afrikaanse show gaan sien?!

6:44 PM  

Post a Comment

<< Home