Monday, June 05, 2006

Sporekrans

Ek was die naweek van die 12de tot die 14de Mei saam met Mnr. de Witt en die Mnr en Mej SUT-finaliste Oos-Vrystaat toe. Ons was by Sporekrans, 'n stunning staproete tussen Fouriesburg en Bethlehem. Die hut/chalet waarin ons gebly het is so reg in 'n woud met reuse bome en lieflike berge. Dit was goed vir die siel. Hier is net 'n paar fotos, maar dit begin nie eers om 'n idee te skep van hoe mooi en rustig dit eintlik daar is nie.

Ons chalet.
'n Bergstroom nie ver van waar ons gebly het nie.Beautiful bruggie op die staproete in die woud.Mnr De Witt, Ek en Brenda, mnr se sekretaresse van die afgelope honderd jaar - okay, seker nie heeltemal so lank nie, maar sy is al deel van die familie.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home