Thursday, December 07, 2006

FICKSBURG-kersiefees

Ek, Rika, Debbie en Lindie was die naweek van die 17 - 19de November Kersiefees toe in Ficksburg. Die plan was om ons bagasie by Rustlers Valley, waar ons gebly het te gaan aflaai en dan terug te ry fees toe vir Vrydagaand. Soos meeste goed in my lewe het dit ook nie heeltemal volgens plan verloop nie, want van die al die reën die Donderdag en Vrydag, moes ons reeds bundu-bashing doen om net tot by Rustlers Valley te kom. My arme kar!!! Ons moes gedeeltes deur die veld jaag net om nie weer vas te val nie. As ek dit geweet het het ek my 4 x 4 gebring.

Debbie, my kollega, en Lindi in die Rustlers Valley Restaurant Vrydagaand.
Hier het my kar al mooi skoon gereën, maar daar was modder tot net onder die handvatsels
Gelukkig was dit heerlik rustig en so mooi daar by Rustlers Valley. Dit het darem so effens opgemaak vir die feit dat ons toe die fees gemis het Vrydagaand. Hierdie is die "dorm" waarin ons gebly het Vrydagaand.
Ons het vroeg Saterdagoggend ons goedjies gepak en die pad gevat voordat dit weer begin reën het. Ek het gelukkig verbasend maklik en vinnig vir ons ander blyplek gekry in Ficksburg -dankie tog, want ek dink nie my arme Polo sou nog 'n keer daardie 4 x 4-roete oorleef het nie.

Lindi geniet haar eerste kersie van die fees Ek en Rika in die Proudly Ficksburg Coffee Shop waar ons Saterdagoggend ontbyt geeët het.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home