Thursday, February 22, 2007

Kareeboombult - nog fotos

Almal het die naweek by Kareeboombult sommer net lekker ontspan. Daar is geeet, geslaap, gebraai, gesing, rondgery, gestap, gesels ens. Daar was glad nie 'n vasgestelde program van wat die naweek moes gebeur nie, so elkeen was op sy eie "mission" en kon doen net wat hulle wil, as hulle wil, wanneer hulle wil.

Vrydagaand het ons roerbraai gemaak.
V.l.n.r. Boeta/Charles/Bulletjie/Storm, ek en Liana
Ons het op 'n hele paar game drives gegaan. Hier het ons amper almal wat saam was op die Land Cruiser ingeprop en gaan wild kyk. Ons het nogal baie wild gesien.
Vir party was die game drives net heeltemal te uitputtend. Hier het DD, Selmé se seun, in oom Sidney se arms aan die slaap geraak.
Boeta en Kobus het gesorg vir Live Entertainment langs die kampvuur
Daar is elke aand lekker gekuier. Hier is sommer almal wat die naweek meegemaak het.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home