Tuesday, September 04, 2007

Sal ons ou vriende ooit vergeet...

Ek het so 2 maande terug toevallig vir Will en Hanno een aand by die kerk raakgeloop. Ons het mekaar BAIE lank gelede gesien en dit was great om weer 'n paar woorde met mekaar te kon praat. Will, dis lekker om jou terug te hê hier in die omgewing!

Ek, Mandie, Francois, Will en Hanno het toe na kerk gou 'n koffietjie by die Spur gaan drink om in te haal op al die nuus.


Ek en Will

Mandie het vroeër daardie week gearriveer van London af. Sy kuier 'n hele maand!!! Wonderlik vir ons klomp wat haar altyd so verlang.


Mandie en Francois

Ek en Hanno

Kaap o Kaap, o mooiste Kaap...

Van die 3de tot die 10de Junie is ek vir werk af Stellenbosch toe. Dit was nou vir jou 'n trip vol groot bederf. Ek het in 'n lieflike hotel gebly. Was daar vir opleiding - sou nie omgegee het as dit 'n week se vakansie was nie... Het tussendeur ook tyd gehad om saam met Arthur, Arnél, Vernon, Rika en Jeanette te kuier - dit was 'n bonus.
Die uitsig vanuit die lokaal waar ons opleiding ontvang het. Needless to say het dit soms maar moeilik gegaan om nie by die venster uit te staar nie. 'n Berg is mos 'n snaakse ding vir ons Vrystaters.Ek en Arnél. Hier is sy hoog-swanger. Dit was net 'n paar weke voor Nienke haar opwagting gemaak het. Nienke is intussen gebore en te pragtig. Baie geluk julle twee!
Ek en Arthur'n Mens kan ook darem nie net werk nie. Ons het besluit om die Woensdag "A tour of the Peninsula" te gaan doen i.p.v. opleiding. Hier is Sharon, Christo en ek by die V & A Waterfront, besig om 'n gat in hulle voorraad prawns te eet. Dit was lip-lek-lekker...Ek het eers die Sondagoggend teruggevlieg Bloemfontein toe en my groot vriend, Vernon, was so gaaf om my die Saterdagmiddag te kom haal. Ons het Simonstad en Vishoek toe gery en te heerlik gekuier - en die belangrikste is dat ek by die see 'n draai kon maak. Thanks Vernon, mag ek en jy nog BAAAIIIEEEE sulke toere onderneem...

Het nie 'n foto nie, maar het vir Rika ook die Saterdagaand in die Strand gesien. Dit was net voordat sy gevlieg het UK en VSA toe. Kon toe darem koebaai sê, al moes ek Kaap toe gaan om dit te doen... of hoe, Rix?!

Alna en Johan trou

Soos julle kan sien is 2007 die jaar vir troues in my vriendekring. Genugtig, ek het sopas getel en ek sien nou ek was van Desember 2006 tot Mei 2007 by 7 troues. Needless to say was ek na 'n tydjie moeg getrou.

Alna en Johan is die 5de Mei 2007 by Ilanga Estate in Bloemfontein getroud. Dis was 'n beautiful troue en ek was bevoorreg om "unofficial bridesmaid" te wees. Dit beteken eintlik net dat ek amper niks werk gedoen het vir die troue nie en al die perks en bederf die aand voor die troue en die dag van die troue gehad het.

Ek en Alna het die aand voor die troue by Ilanga Estate geslaap. Dit was te heerlik. Het soos 'n queen gevoel. Hier spring die bride-to-be op die bed - net soos dit 'n goeie dame betaam die aand voor haar troue!

Na 'n monsterontbyt is ons na die haarsalon en toe is dit grimering en aantrek en trou.
Alna in haar trourok. Sy het asemrowend mooi gelyk.

Pasgetroud.
Alna se saal het soos 'n sprokie gelyk.
Hier is ek en die gelukkige paartjie.


Martin en Vissie trou

Martin en Vissie is die 7de April 2007 te Bloemfontein getroud. Die onthaal was by Leopards and Lace en die troue was great. Het weer 'n klomp ou-bekendes raakgekuier en dit was heerlik om vir Vader Charles en Moeder El-marié ook hier te hê. Selfs nie eers my kar wat besluit het om die gees te gee kon die langnaweek en aand bederf nie.
Mnr en Mev OosthuizenMartin en sy Best Man, my boet, CharlesDie Boucher-gesin
Rika was my boetie se date, en dit was natuurlik HEERLIK om my beste vriendin op die onthaal te hê.

Gabriël en Hanlie het al die pad van die Laeveld af gekom vir die troue. Hulle is 'n die 16de Februarie getroud - kyk in die "Archives" vir hulle troufotos.

Monday, September 03, 2007

Francois 21st

Francois, een van hierdie jaar se revuemanne, het vroeër die jaar 21 geword. Hier drink hy 'n ou verjaarsdag-shootertjie. En wat sal 'n 21st nou wees sonder 'n live band...
v.l.n.r. Daniel, Francois en JohanEk het deur Johan en Francois vir Yolandé ontmoet en ons kuier ALTYD baie lekker saam.Ek is geseën met 'n klomp engele in my lewe - ek noem hulle vriende. En elke nou en dan is ek gelukkig genoeg om nog 'n engel of twee by te kry. Party van hulle is trane-afdroog engele, of lag-engele of moed-inpraat-engele of feel-good-engele of saamkuier-engele.

Vroeër hierdie jaar het daar twee sulke engele in my lewe opgeduik in 'n tyd wat ek dit vreeslik nodig gehad het. Die wat hulle ken sal weet hulle is nie "engeltjies" nie - maar hulle doen beslis die werk van engele in my lewe.
Thanks Johan en Francois. Julle is my heroes!
Ek en Johan
Ek en die verjaarsdagman, Francois

Nog 'n troue...

Elton en Joel is op 31 Maart 2007 getroud. Die onthaal was in die Sandton Towers Intercontinental Hotel - ek dink nie ek hoef enigsins verder te verduidelik nie. Ons het so lekker gekuier. Daar was 'n puik live band, so ons het gedans tot ons nie meer kon nie.

Congratulations Elton and Joel. May you have all the happiness your beautiful hearts can handle...
V.l.n.r. Mnr Jan, Elton, Ekke, Joel en tannie EricaDie tafels en res van die venue was onbeskryflik - om nie te praat van die kos nie - dit was nou beeldskoon.'n Deel van die Sandton Towers Intercontinental Hotel se foyer
Ek het tussen al die trouery ens darem nog kans gehad om vir Gideon, my buddy van die Baai, ook te kry vir 'n cocktail. Hy was toevallig ook in JHB daardie naweek.Hier is sy twee stunning pelle, Marius en Hamilton. Thanks julle, ek het my kuiertjie saam met julle sooooo geniet.

Elrien en Rassie Troue (vers 2)

Soos ek gesê het, dit was 'n lekker party! Daar was 'n lekker klomp bekendes. Een van die stunningste goed van hierdie troue was dat ons liewe vriendin van London, Mandie, dit ook kon maak vir die troue.
Mandie en Cobus. Die onthaal het later so lekker geraak dat hy sy kitaar gaan haal het en 'n paar songs gespeel het.Henda en EugeneVier vriendinne.
v.l.n.r. Henda, Emmy, ekke en MandieEk en my date, FerrieHierdie kiekie is die Saterdagoggend voor Mandie teruggevlieg het geneem. Ons vier het vir oulaas saam ontbyt gemaak om vir Mands koebaai te sê en, as ek reg onthou, geluk te sê met haar verjaardag.

Elrien en Rassie Troue (Vers 1)

Op die 17de Maart 2007 is Elrien en Rassie getroud. Dit was 'n stunning troue en hulle twee het altwee pragtig en dolgelukkig gelyk. Baie geluk julle 2! Hoop julle sal vir altyd en altyd en altyd en altyd en nog 'n bietjie langer as dit gelukkig wees!


Voor die tyd is daar tot laat in die nag dankie-sê kaartjies en programme en tafelnommers ens. gevou, gespoeg en geplak. Hier is ons almal al bietjie pê, of hoe oom Koen?

Op die foto is Ek, Elrien, Martie (Elrien se ousus) en oom Koen (haar pa). Henda het die foto geneem, so sy het ook haar deel gedoen...
Elrien, Ek en Henda het die aand voor die troue by Villa Favorita gaan oornag. Daar was dit groot bederf met heerlike bad- en kersligsessies, voetspa, sjampanje, baie eetgoed en stront praat met die "bride-to-be".
Daniel Ellis het Elrien se rok ontwerp. Hy en Tharina het haar kom aantrek. Hier sit hy vir haar die kousband aan.Mnr en Mev Bloem buite die Klipkerk net na die diens.
Mevrou Bloem in haar beautiful trourok.

Thursday, May 24, 2007

Elrien se Kombuistee

Elrien se Kombuistee was groot pret. Haar vriendinne by die werk het 'n stunning kuier daar gereël en Elrien het 'n voorsmakie van die getroude lewe gekry...

Elrien, die huisvrouSmile, you're on candid camera

Elrien en haar ma, tannie Rina Ek en Elrien
Elrien en Henda en die "tools"...

Ghapi in Bloemfontein

Ghapi was die 1ste Maart vir 'n slag weer in Bloemfontein. Hy en Jak de Priester het by Hoërskool Sand du Plessis opgetree. Hy het 'n paar van sy nuwe songs gesing en ek kan nou nie wag vir die nuwe CD nie. Ek, Ferrie, JR, Marileen en Melanie het die gig gaan kyk.

Ek het Philip (Ghapi) November verlede jaar by die Kersiefees laas gesien en ek, JR en Marileen het toe na die tyd weer 'n slag lekker met hulle gaan gesels - so lekker dat ek op die ou einde net 4 van Jak de Priester se songs gesien het.

Hier is die hele band en ek, JR en Marileen.

JR, Ghapi en MarileenEk en Ghapi

Monday, May 21, 2007

Naweek in Gauteng

Gabriël se troue was die Vrydagaand, so ons het die res van die naweek gehad om in Gauteng rond te speel. Ek en my Boetie het toe besluit om die Saterdag Voortrekkermonument toe te gaan. Ons was albei baie jonk toe ons die laaste keer daar was, so dit was great om weer daar 'n draai te kon maak.
Die VoortrekkermonumentVanuit die koepelAl wat ek van die Voortrekkermonument onthou is die 3 miljoen trappe tot bo. Ek het meer moec gehad toe ek sien hulle het intussen 'n hyser ingesit.
Hier is my boetie, moeg trappe geklim, ek bedoel, hyser gery...Die koepel My neef, Ernst, bly in Pretoria en ons het hom ontmoet vir middagete.