Tuesday, June 06, 2006

Balke toe!

Ek het die afgelope week besef jy kan Mandie Faure uit Suid-Afrika haal, maar nie vir Suid-Afrika uit Mandie Faure nie. Soos julle weet het sy en Pieter vir ons uit London kom kuier hier in Bloemfontein en ek het een aand 'n paar maters genooi vir ete. Ek was ewe onskuldig besig om kos te maak en toe ek weer sien is daar 'n volskaalse sokkie in my sitkamer aan die gang. Mandie was regtig uitgehonger vir dans!!

Hansie, Henda, Mandie en Kobus skoffel so bietjie.

Almal wat saam gekuier het: v.l.n.r. Hansie, Kobus, Henda, Mandie en ekke.

Henda is later deur 'n pienk serp (ingevoer vanuit London) en baie rooiwyn aangeval.

1 Comments:

Blogger Mandie said...

Jussie julle - dit was lekker!
Dankie Zaan! M

3:07 PM  

Post a Comment

<< Home