Wednesday, June 07, 2006

Jump for Joy en We Will Rock You

Ek was van die 25ste tot die 28ste Mei in Jhb om "JUMP FOR JOY", die show wat Elton by UJ gechoreografeer het, te gaan kyk. O ja, baie geluk aan Elton, Marga en die cast - julle show was so stunning.

Ek kon natuurlik nie anders as om ook WEER We Will Rock You te gaan kyk nie. Ek het dit in Engeland gesien en ek moet sĂȘ dat die Suid-Afrikaanse cast baie trots kan wees op wat hulle reggekry het. Dit was uitstekend.

Mnr de Witt en sy vrou, tannie Erica, het ook na Elton se show gaan kyk en ons klomp Vrystaters het heerlik gekuier daar in Gauteng. Soos met enige kuier by Elton, is ons weer lekker bederf. Na 'n heerlike kuier Donderdagaand na die show by Marble Arch en Cats Pajamas in Mellville, het Elton en Joel ons Vrydagoggend, voordat die De Witts teruggery het Bloem toe, uitgevat vir ontbyt by die Westcliffhotel. Needless to say wou ek die res van die dag nie kos sien nie.

Ons almal by die Westcliff.

Ek en EltonSondag het my liewe neef, Ernst, en sy vrou, Reinette, my in Jhb kom haal sodat ek die dag saam met hulle kon spandeer voor ek teruggevlieg het Sondagaand. Hierdie foto is geneem toe ons Sondagmiddag by die botaniese tuine in Pretoria gaan eet het.

Monique was so gaaf om my te kom afsien by die lughawe Sondagaand.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home