My en Boet se trippie na die Baai en omgewing
Ek en my boetie is die eerste naweek in Januarie genooi na 'n troue in Colchester naby PE. My boetie se groot vriend, André Gordon, is op Sondag, 7 Januarie op die wal van die Sondagsrivier getroud.
Ons het 'n langnaweek daarvan gemaak en by my buddy,Gideon, in Uitenhage gaan kuier. Dit het toere na Addo-olifantpark, J-Bay, die local akwarium, asook groot en lekker vreetsessies ingesluit. Ek verstaan nou wat die mense bedoel as hulle praat van 'n Brunsdonbraai - njam,njam... né, Gideon?!
Jeffreysbaai - Ferrie en Christo was ook daar met vakansie en het ons die Saterdagoggend op die strand kom join vir 'n vinnige kuiertjie. Hier is:
V.l.n.r. Gidoen, my boetie, Ferrie en Christo





0 Comments:
Post a Comment
<< Home