Friday, March 31, 2006

Navi Redd en ons

Ons het na die show gou 'n paar fotos saam met die manne geneem en 'n bietjie gesels. Hulle is oppad KKNK toe - ai, ek is so jaloers.

V.l.n.r. Dawie, Ek, Hanno en Henda

V.l.n.r. Sparky, Ek, Dean en Henda

V.l.n.r. Hanno, Henda, Fritz, Ek en Killer

V.l.n.r. Henda, Schalk, Hennie en Ek

Navi Redd in Kimberley

Ek, Ferrie en Henda het vroeër die week besluit om gisteraand deur te ry Kimberley toe om 'n show van Navi Redd te gaan kyk. My ouers het ons by die venue gekry en net so lekker saam met ons voete gestamp en hande geklap vir die 8 manne. Soos gewoonlik was dit uitstekend en ek beveel dit ten hoogste aan - jul kan julself maar die guns doen.

Ons het na die show by my ouers op die plaas oorgeslaap en vanoggend baie vroeg weer terug gery Bloemfontein toe om betyds te wees vir werk. Al is die spoed vandag maar bietjie min na die min slaap en op en af ryery was dit nou regtig 'n heerlike "outing".


Monday, March 27, 2006

Elrien se Bday

Elrien het Donderdag, die 23ste Maart, verjaar en ons het toe Sondagaand ietsie saam met haar gaan drink vir haar verjaarsdag. Vandat sy en Rassie uitgaan is sy 'n groot Stormerondersteuner - lyk darem nie of sy van die Cheetahs vergeet het nie - en ek en Henda het dit goed gedink om vir haar 'n nice Stormers hempie te koop. Ons shares is nou sommer hoër by Rassie ook.


Elrien en Rassie

Hansie en Henda het ook saamgekuier.

Ek en Elrien

Wednesday, March 15, 2006

My naweek in Gauteng

Ek was die afgelope naweek in Johannesburg. Ek het vir 'n slag behoorlik by Elton (ons revue se choreograaf van die afgelope 11 jaar) gaan kuier, en nie net so in die verbygaan ingeval nie. Dit was 'n heerlike naweek en Elton en Joel het my omtrent bederf. Ek het ook repitisies van die UJ Song and Dance Company bygewoon en ek moet sê dit het my sommer geïnspireer vir wat hierdie jaar by die SUT voorlê t.o.v. ons produksie.

Ek en Elton

Thursday, March 09, 2006

Ghapi in Bloemfontein

Ghapi het verlede Vrydagaand weer in Wiesbaden opgetree. Oudergewoonte het ons tot baie vroeg Saterdagoggend saam met hulle gekuier en gejol. Sy band het bietjie verander van verlede jaar af. Hy het nou 'n ander kitaar en baskitaarspeler - ook natuurlik uitstekend. Hulle tree nou ten minste een keer 'n maand hier op...baie goed vir my siel.

Ek en Philip aka Ghapi
Lindie, ek en Henda saam met Ghapi na die show

Bremer en my boetie, Charles/Bulletjie/Storm/Boeta.

Emmie doop

Emmie en Corneel het die naweek gedoop. Ek, Henda en Elrien het deurgery Parys toe vroeg Sondagoggend vir die geleentheid. Ag, sy was te pragtig!

'n Trotse Mamma Emmie en Lianel V.l.n.r Henda, Ek, Corneel, Emmie, Elrien
Voor: Lianel

Ek en Lianel