Tuesday, July 18, 2006

Navi Redd @ Volksbladfees '06

Woensdagaand (ja, okay, EN Donderdagaand) het ek Navi Redd gaan kyk en soos gewoonlik het hulle 'n great show gehad. Ek het besluit om Donderdagaand weer die show te gaan kyk, want Woensdagaand was daar bietjie probleme met hulle klank ens. Ten spyte daarvan het hulle baie goed gedoen. Ek het net geweet dit kan beter - en het hulle my nou beïndruk Donderdagaand. Die laaste 6/7 songs was die hele gehoor op hulle voete en het almal saam boude geswaai en hande geklap. Die saal was 80% vol - wat amazing is as jy dink daardie was 'n ekstra vertoning waarvan die besprekings die vorige dag geopen het nadat hulle gehoor het die ander twee shows is uitverkoop. Ons het na die tyd weer bietjie met hulle gechat en 'n paar fotos geneem.

Ek en Dawie

Elrien en HannoSchalk, ek en HennieNee, Navi Redd se samestelling het nie verander nie!! Gilbert, een van my kollegas, het hulle musiek by my gehoor en was mal daaroor. Hy en twee van sy vriende het die show saam met my en Elrien gaan kyk en was verskriklik beïndruk. Ons kon nie hulle bekke stil kry na die show nie.

1 Comments:

Blogger Mandie said...

Jussie die manne is pragtig!

1:09 PM  

Post a Comment

<< Home