Monday, August 28, 2006

Revue"dankie-sê"-funksie, Donderdag, 24 Aug 2006

Mnr de Witt reël elke jaar 'n funksie by sy huis om vir almal wat agter die skerms gewerk het - en natuurlik vir die cast ook - dankie te sê vir hulle harde werk deur die jaar. Hierdie jaar se kuiertjie was weer heerlik en wat dit baie spesiaal gemaak het is dat Elton (vir die wat nou nog nie weet nie - hy is die afgelope 11 jaar ons choreograaf van JHB en my groot buddy) en Joel spesiaal Donderdag afgevlieg het om ons show te kom kyk. Gelukkig was hy baie beïndruk met wat ons op die planke gesit het.


Mense sê altyd jy stap 'n pad met iemand, maar ek dink ek en mnr de Witt het na 11 jaar nuwe betekenis aan dié woorde gegee, of hoe mnr? Dankie vir geleenthede, raad, vriendskap, histeriese lagsessies oor onnodige verrassings en sommer net alles wat mnr vir my en soveel ander mense beteken. Daar is sommige mense waarsonder die lewe maar vaal en vervelig sou wees en mnr is een van daai, hoor.

Ek en Jan de Witt.

Elton, Ek en Joel
Elrien, Elton en Elzanne

Daar is vreeslik baie dinge in my lewe waarvoor ek 'n groot dankbaarheid in my hart het en een van hulle is die feit dat ek en Daniel mekaar na al die jare weer langs die pad gevind het. Ek besef nou ons het mekaar nooit regtig verloor nie, ons was net albei vir 'n tyd lank op reis. Op nog jare se "samen zijn"...

Ek en Daniel

1 Comments:

Blogger Mandie said...

Jay!!! Nuwe kiekies! En sommer baie ook. Dankie. so lekker om van jou dinge te lees en te sien hoe almal lyk. Wens ek was daar! M

10:38 AM  

Post a Comment

<< Home