Gariepfees 2006
Pieter Smith, DNA-Strings en Navi Redd het Vrydagmiddag 17:00 'n show in die Kimberleyteater, genaamd 30 Jaar op die Kassie, gedoen. Dit was stunning en was basies 'n terugblik oor die afgelope 30 jaar se reekse, flieks en kinderprogramme (ja, Dawie die Kabouter, Wielie Walie en Gummy Bears ook) op SA televisie. Daar was enige iets van Die A-Team tot Koöperasiestories, 7de Laan en Friends.
Pieter Smith sing Haas Das se Nuuskas.




Ek en Rika het 21:00 'n Show van Laurika Rauch gaan kyk en ek was aangenaam verras. Sy het 'n hele klomp nuwe songs wat pragtig is. Dis nog nie opgeneem nie, maar sal beslis die cd aanskaf wanneer dit beskikbaar is. Na Laurika se show het ek en Rika oorgeloop Castletent toe waar die manne van Eden die tent aan die brand gesing en gedans het.
Eden
1 Comments:
Aag lekker man!
Post a Comment
<< Home