Friday, October 13, 2006

Hier kietsie, kietsie...

Op Safari in die Noordkaap/Suid-wes Vrystaat

Ek en Boetie het Saterdag besluit om vir Gideon die omgewing te gaan wys. Ons was na 'n privaat natuurreservaat toe nie te ver van ons plaas af nie. Ons was gelukkig en het nogal baie wild gesien. Vir my was die hoogtepunt natuurlik die tyd wat ons by die leeus spandeer het. Daar was Witleeus en - as ek reg is - Laeveldleeus. Hulle is pragtig maar lekker befoeterd, hoor! Ons het basies die hele dag op die plaas spandeer en na ons game drive by een van die jaglodges gebraai en gekuier met broer en sy kitaar wat vir ons die musiek verskaf het.

Ek en Gideon op 'n koppie in die Reservaat.
Die renosters - na my sin was ons natuurlik heeltemal te naby aan die ses van hulle
Ontmoet vir Egor - die Witleeumannetjie. Hy het die hele tyd vir ons gegrom en 'n paar keer op ons afgestorm. Dankie tog vir elektriese omheining. Hierdie is een van die Witleeuwyfies wat Egor se "tantrums" moet opvreet
Mufasa het my meer as een keer 'n hartverlamming gegee. Hy het rustig 'n end van ons af gelĂȘ en toe op 'n stadium op ons afgesluip. Toe ek na 'n rukkie omdraai was hy skaars 60cm van my boude af - so bly daar was 'n draad tussen ons - anders sou jy gesien het hoe lig ek hierdie dik boude van my oor 'n helse draad in net een sprong...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home