Monday, December 11, 2006

FICKSBURG-kersiefees - Saterdagaand & Sondag se trip terug BFN toe

Ons het Saterdagaand na die Huisgenootshow eers daar by die fees ietsie gaan drink en toe aangeskuif na een van die plaaslike uithangplekke waar daar 'n "foam party" was. Daar was meer "party" as "foam", maar die idee was daar...

Ek en Rika by die feesBewyse dat daar 'n foam party was - al was die foam net enkeldiepteSondagoggend het ons eers by Rosendal gestop om te sien hoe lyk Oom Francois van 7de Laan se winkel. Net een woord: kaggelk@kkies. Hy was natuurlik o so vreeslik besig en het ons baie mooi laat verstaan dat dit geweldig baie van sy tyd in beslag neem om 'n foto saam met ons te neem - foei tog. En ek het gedog hy speel toneel in 7de Laan - hy is toe net homself...
Iemand wat heeltemal die teenoorgestelde was en glad nie omgegee het om gou op te staan vir 'n fototjie nie was Elsabe Zietsman. Sy is stunning. Sy was daar want sy het die vorige aand 'n show gehad daar in die plaaslike teatertjie - Die Rosendal Teater - go figure...Oppad terug het ons by die Wimpy in Senekal gestop en ontbyt genuttig. Hier is Rika en Debbie en hulle kos....njam, njam.

Friday, December 08, 2006

Kersiefees - uiteindelik by die fees

Ons het Saterdagoggend ons bagasie by ons nuwe blyplek gaan aflaai en toe uiteindelik by die fees uitgekom. Dit was een mooi gemors met al die reën, maar dit het nie die mense afgesit nie.

Welkom by Kersiefees 2006!

Hierdie foto is in een van die tente geneem. Die water was regdeur die tente - slip sliding away...

Ons het die res van die dag by die fees spandeer en na 'n kort siesta by ons nuwe blyplek (dankie Tannie Ria!) het ons die aand die Huisgenoot 90 show gaan kyk. Dit was weereens briljant en het Ficksburg omtrent gerock!

Ek en David Fourie na die ShowEk en Bobbie van JaarsveldMy groot hero, Ghapi aka Philip was ook daar en ons het darem 'n geselsie ingekry na die show. Hou maar sy "band" goed dop - ek het 'n gevoel ons gaan nog BAIE van hulle hoor!

Thursday, December 07, 2006

FICKSBURG-kersiefees

Ek, Rika, Debbie en Lindie was die naweek van die 17 - 19de November Kersiefees toe in Ficksburg. Die plan was om ons bagasie by Rustlers Valley, waar ons gebly het te gaan aflaai en dan terug te ry fees toe vir Vrydagaand. Soos meeste goed in my lewe het dit ook nie heeltemal volgens plan verloop nie, want van die al die reën die Donderdag en Vrydag, moes ons reeds bundu-bashing doen om net tot by Rustlers Valley te kom. My arme kar!!! Ons moes gedeeltes deur die veld jaag net om nie weer vas te val nie. As ek dit geweet het het ek my 4 x 4 gebring.

Debbie, my kollega, en Lindi in die Rustlers Valley Restaurant Vrydagaand.
Hier het my kar al mooi skoon gereën, maar daar was modder tot net onder die handvatsels
Gelukkig was dit heerlik rustig en so mooi daar by Rustlers Valley. Dit het darem so effens opgemaak vir die feit dat ons toe die fees gemis het Vrydagaand. Hierdie is die "dorm" waarin ons gebly het Vrydagaand.
Ons het vroeg Saterdagoggend ons goedjies gepak en die pad gevat voordat dit weer begin reën het. Ek het gelukkig verbasend maklik en vinnig vir ons ander blyplek gekry in Ficksburg -dankie tog, want ek dink nie my arme Polo sou nog 'n keer daardie 4 x 4-roete oorleef het nie.

Lindi geniet haar eerste kersie van die fees Ek en Rika in die Proudly Ficksburg Coffee Shop waar ons Saterdagoggend ontbyt geeët het.

Mosemane - nog fotos

Hier is nog 'n paar fotos van ons naweek daar in die berge.

Ons het Saterdagaand lekker hoenderpot gebou en omtrent lekker gekuier daar om die vuur. Verskoon maar vir JR met die graaf voor sy gesig - lyk my die berge doen snaakse goed aan 'n mens - seker al die vars lug?

Voordat daar pot gemaak kon word moes daar eers bietjie groente getjop word. Hier is Patricia, Sidney, Adele, Dulandi en Marileen besig om die groente uit te sort vir die potjie.Ons uitsig en die Sonsondergang Saterdagaand.Vir die van julle wat nou nog nie weet nie - hierdie is Dulandi, my nuwe flatmate. Ons het Oktober saam ingetrek in 'n baie nice dubbelverdieping meentehuis/woonstel/dupleks in Donald Murraylaan en ons bly baie lekker saam. Hier is almal wat saam was - behalwe Sidney - hy was die fotograaf

Mosemane - naweek in die berge van die Oos-Vrystaat

Ons was die naweek van die 11de en 12de November saam met Mnr de Witt, Tannie Erica en 'n paar studente in die Berge daar naby Ficksburg. Dit was 'n staptoer, but I kept the home fires burning en iemand moes darem die kamp oppas... en ek is vreeslik bang vir ooreising. Ons het baie lekker gekuier en die omgewing is mos maar altyd pragtig daar.

Die berge
Nog berge

Na die stappery was Mnr De Witt lekker moeg en het 'n koue biertjie net die regte lafenis verskaf.Almal was redelik lui - hier is Sidney, een van my pelle en my woonstelmaat se ou, waar ons 'n groot deel van die dag na die berge gelê en staar het terwyl die ander gestap het.
JR het nou nog nie geleer om nie op my matras te gaan lê nie - as jy my matras vat, word jy die matras...

.