FICKSBURG-kersiefees - Saterdagaand & Sondag se trip terug BFN toe
Ek en Rika by die fees
Bewyse dat daar 'n foam party was - al was die foam net enkeldiepte
Sondagoggend het ons eers by Rosendal gestop om te sien hoe lyk Oom Francois van 7de Laan se winkel. Net een woord: kaggelk@kkies. Hy was natuurlik o so vreeslik besig en het ons baie mooi laat verstaan dat dit geweldig baie van sy tyd in beslag neem om 'n foto saam met ons te neem - foei tog. En ek het gedog hy speel toneel in 7de Laan - hy is toe net homself...
Iemand wat heeltemal die teenoorgestelde was en glad nie omgegee het om gou op te staan vir 'n fototjie nie was Elsabe Zietsman. Sy is stunning. Sy was daar want sy het die vorige aand 'n show gehad daar in die plaaslike teatertjie - Die Rosendal Teater - go figure...
Oppad terug het ons by die Wimpy in Senekal gestop en ontbyt genuttig. Hier is Rika en Debbie en hulle kos....njam, njam.


Ek en Bobbie van Jaarsveld
My groot hero, Ghapi aka Philip was ook daar en ons het darem 'n geselsie ingekry na die show. Hou maar sy "band" goed dop - ek het 'n gevoel ons gaan nog BAIE van hulle hoor!



Ek en Rika in die Proudly Ficksburg Coffee Shop waar ons Saterdagoggend ontbyt geeët het.

Ons uitsig en die Sonsondergang Saterdagaand.
Vir die van julle wat nou nog nie weet nie - hierdie is Dulandi, my nuwe flatmate. Ons het Oktober saam ingetrek in 'n baie nice dubbelverdieping meentehuis/woonstel/dupleks in Donald Murraylaan en ons bly baie lekker saam.
Hier is almal wat saam was - behalwe Sidney - hy was die fotograaf
Nog berge
Almal was redelik lui - hier is Sidney, een van my pelle en my woonstelmaat se ou, waar ons 'n groot deel van die dag na die berge gelê en staar het terwyl die ander gestap het.

