Volksbladfees 2006


Wat 'n fees! Van 11 - 16 Julie was dit weer Volksbladfees. Daar was puik produksies - ek wens ek kon nog meer shows kyk, maar soos dit is het ek reeds van Dinsdag tot Saterdag elke aand 'n produksie gekyk. Ek het Die Tafel (Komedie met Pedro Kruger & Marion Holm), Navi Redd (x2), die Trippel M- show (Maniese Mozart Mannewalis), die Huisgenoot 90-show, en Ons Loop Die Pad (Coenie de Villiers & Amanda Strydom) gaan kyk. Ek was in my element want ek het weer my sterre deurgesit in teaters...

Schalk, ek en Hennie
Nee, Navi Redd se samestelling het nie verander nie!! Gilbert, een van my kollegas, het hulle musiek by my gehoor en was mal daaroor. Hy en twee van sy vriende het die show saam met my en Elrien gaan kyk en was verskriklik beïndruk. Ons kon nie hulle bekke stil kry na die show nie.










