Tuesday, October 31, 2006

Piekniek

Ek het Sondag 'n heerlike piekniek gehad saam met Mnr de Witt en kie. Ons was so 'n paar lekker mense wat by die jaarlikse Rosepiekniek by Roses 4 U, 'n endjie uit die stad uit, gaan uitspan het. Ons het gebraai en luilekker onder die bome verkeer. Daar was 2000 mense, maar die tuine is so groot, dat 'n mens nie besef het dat daar so baie mense is nie.

Ek en DanielTannie Erica en Mnr de WittEk en Lian, Mnr de Witt se oudste seun Tannie Erica rus so 'n bietjie
Jaco, Mnr de Witt se jonste seun en kie

ABBA

Ek het Donderdagaand op die ingewing van die oomblik vir my 'n kaartjie gekoop om die ABBA show wat in die Sand was te gaan kyk. Dit was baie goed. Die company wat dit aanbied se naam is Centrestage en hulle is van PE. Ek was aangenaam verras oor die kwaliteit. Dit klink wraggies net soos ABBA se original songs. En die outfits - spierwit reuse boots en al - was net so cool.

Die cast van Absolutely ABBA
Eloise Potgieter in aksie - party van julle sal haar dalk herken van Supersterre
4 Lede van die cast. Die mannetjie heel links speel bitterlik mooi klavier en sing net so pragtig.Donna Africa en Eloise Potgieter

Let's go Bowling

Ek, Henda, Cobus & Marietjie het verlede Saterdagaand bowling gaan speel. Dit was vet pret.

Kyk net die stylish skoene wat ons moes dra... Cobus en sy (kegel)balle
Henda in aksie
Cobus in aksieOns het nie vooruit beplan nie en toe vergeet om ons eie sokkies saam te vat. Ons moes toe die skoene sonder sokkies aantrek en ek het my byna vrek gegril. Hier is ek, Marietjie en Henda besig om ons voete te ontsmet in 'n reuse bad Dettolwater.

Emmy en Lianel

Emmy, my vriendin van Parys, en haar dogtertjie, Lianel, het verlede naweek hier in die stad kom kuier en vinnig Saterdagaand vir my en Henda kom hallo sê. Lianel het so groot geword en sy is die mooiste meisiekind.

Mamma Emmy en LianelLianel

Go Cheetahs!

Soos dit 'n goeie Vrystater betaam het ek die Cheetahs heelhartig ondersteun in die eindstryd. Ons het by Hendahulle se huis potjie gemaak en ek dink daar was amper net so 'n lekker vibe soos op die stadion.

Hier is almal wat saam geskree het.

Selfs Henda se ouma was in haar Cheetah outfitEugene is 'n undercover Bloubul en hier help tannie Hes hom net uit sy Bloubul hempie uit. Sy het die res van die game op daai hempie gesit om seker te maak dat hy dit nie weer aantrek nie.
Ek en Henda

Friday, October 13, 2006

Van die plaas na die stad na die plaas na die stad...

Van die Noordkaap terug na die Vrystaat en weer na die Noordkaap en ja, terug na die Vrystaat

Na die langnaweek se kuier op die plaas het ons teruggekom Bloemfontein toe vir Gideon se konferensie - en ek moes seker een of ander tyd weer begin werk. Ferrie het Maandagaand vir ons 'n reuse toer van die Sand du Plessisteater gegee. Dit het natuurlik gevoel of ek die Phantom om elke hoek en draai sien. Na ons toer het ons in Ferrie se "Penthouse" gaan fondue - njam, njam...

Gideon, Liana en Ferrie
Woensdagaand het ek en Gideon vir Gabriël en Marinda gaan kuier. Hier hou ek vir Lienke vas. Sy was toe twee en half wekies oud.

Pappa Gabriël en Mamma Marinda en hulle mooiste dogtertjieNa die week in die Stad van Rose is ek en Gideon toe weer plaas toe om saam met die ouers te kuier. Saterdagaand het ons by Rika en Jamie gaan eet en te lekker gekuier.

Ek en RikaSondag is daar verwoed pot gebou op die plaas en het ons soveel geeet dat ons besluit het om eers Maandagoggend terug te ry.

Dis mos hoe 'n potjie moet lyk, of hoe?

Gideon het Dinsdagoggend terug gevlieg PE toe in sy "vomit comit", maar dit klink vir my of hy dit darem oorleef het. Dankie vir die kuier, Mnr. Brunsdon. Dit is sommer stil sonder jou hier.

Hier kietsie, kietsie...

Op Safari in die Noordkaap/Suid-wes Vrystaat

Ek en Boetie het Saterdag besluit om vir Gideon die omgewing te gaan wys. Ons was na 'n privaat natuurreservaat toe nie te ver van ons plaas af nie. Ons was gelukkig en het nogal baie wild gesien. Vir my was die hoogtepunt natuurlik die tyd wat ons by die leeus spandeer het. Daar was Witleeus en - as ek reg is - Laeveldleeus. Hulle is pragtig maar lekker befoeterd, hoor! Ons het basies die hele dag op die plaas spandeer en na ons game drive by een van die jaglodges gebraai en gekuier met broer en sy kitaar wat vir ons die musiek verskaf het.

Ek en Gideon op 'n koppie in die Reservaat.
Die renosters - na my sin was ons natuurlik heeltemal te naby aan die ses van hulle
Ontmoet vir Egor - die Witleeumannetjie. Hy het die hele tyd vir ons gegrom en 'n paar keer op ons afgestorm. Dankie tog vir elektriese omheining. Hierdie is een van die Witleeuwyfies wat Egor se "tantrums" moet opvreet
Mufasa het my meer as een keer 'n hartverlamming gegee. Hy het rustig 'n end van ons af gelê en toe op 'n stadium op ons afgesluip. Toe ek na 'n rukkie omdraai was hy skaars 60cm van my boude af - so bly daar was 'n draad tussen ons - anders sou jy gesien het hoe lig ek hierdie dik boude van my oor 'n helse draad in net een sprong...

Friday, October 06, 2006

Gideon se kuier

Van die Vrystaat na die Noordkaap...
Gideon, my mater van die Baai, het vir amper twee weke hier in die Binneland kom kuier. Dit was sommer baie lekker om hom hier te hê en ons het omtrent rondgerits tussen museums, restaurante en kuiers met vriende.
Gideon het Donderdagoggend gearriveer.

Hier is ek en Gideon in Kalahari.Fish toe ons vinnig 'n drink saam met Henda, Eugene, Cobus, Marietjie en Lindi gaan drink het.

Ons het die Vrydagoggend baie vroeg deurgery Kimberley toe om plaas te gaan oppas en om vir Gideon die magtige Stad van Kimberley te gaan wys. Net jammer die Gat was toe, né Gideon.

Hier is ons in die Treinmuseum by Kimberley se stasie Hoe ry die trein, hoe ry die trein, die Kimberley se trein...Boetiegoed het ons kom join vir die naweek - Storm die Stoomtreinoperateur/Treindrywer Ek en boetie voor op die stoomtrein

Braai by Lindi

Ons het so 'n paar naweke terug een Saterdagaand by Lindi gaan braai. Die usual gang was daar en almal het heerlik gekuier - party net bietjie heerliker as ander, né Cobus... Die keer is ek onskuldig - onthou, ek moet nou bestuur - hehehehehehe!

Ek en Cobus Ek en Marietjie, Cobus se meisie
Henda en Eugene, die groot liefde in haar lewe Ons 4 girls:
Marietjie, Henda, Lindi en ekke