Tuesday, November 14, 2006

OFM Unite of the Stars (vers 3)

Tweede laaste op die program was Will Young. Ek was nog nooit vreeslik mal oor die voor-op-die-wa klein Brit nie, maar wat my wel beïndruk het, was sy amazing band. Hulle was uitstekend. Sonder hulle sou hy maar vaal geklink het.

Will Young

Die hoof act van die aand was Ronan Keating. En sy show is alles wat hulle sê dit is en dan nog 'n bietjie.

Ronan Keating sing sy hart uit
Ronan Keating
Ronan van nader

OFM Unite of the Stars (vers 2)

Volgende aan die beurt was Patricio Buanne. Die man het 'n ongelooflike mooi stem en...
...ek sal nou nie omgee vir so 'n Italian Stallion nieNa Patricio was Shane Ward aan die beurt. Sag op die oog en so aan...

OFM Unite of the Stars (vers 1)

Dinsdag, 7 November, was hier 'n groot rock show met internasionale artists hier in goeie ou Bloemfontein. Elrien het twee komplimentêre kaartjies vir die golden circle gekry, so die uitsig was great. Ons het vir laaaaaank in die tou gestaan, maar dit was beslis die moeite werd.

Eerste aan die beurt was Marcos Hernandez - die man het los heupe soos 'n tuinhekkie
Marcos, so 'n bietjie nader
Bananarama het ook 'n verskyning gemaak. Die twee tannies lyk nog goed, maar ek moet sê die twee manne wat vir hulle dans, lyk beter...baie beter.

Soos hulle sê: Van toeka tot nou...

Des en Anél trou

Desmond (my revue buddy van jare terug) en Anél het die 4de November hier in Bloemfontein getrou. Baie geluk julle twee. Dit was loshande een van die lekkerste troues waarby ek nog was.

Die gelukkige paartjie
Ek en die groom
V.l.n.r. Hansie (my date), Ekke en Anjo (my groot vriendin van jare gelede) Dit was so lekker om jou hier te hê An! Hoop ons maak binnekort weer so!
Soos dit maar met meeste troues is, duik daar mos gewoonlik mense uit die verlede op. Hier is ek en Besem (Hannes), Des se groot pel en koshuiskamermaat toe hy hier in Bloemfontein geswot het.

... en jy ontmoet ook 'n klomp nuwes.
Hier is Nico, Elton en Ekke the morning after - ek gaan niks verder sê nie... behalwe dat dit rêrig, êrig
'n baie lekker troue was.

Wednesday, November 01, 2006

Ghapi: Gunsteling Rockgroep 2006


Baie geluk aan Ghapi wat by hierdie jaar se Huisgenoot Skouspel aangewys is as die "Gunsteling Rockgroep" vir 2006. Valiant Swart en Jan Blohm was ook finaliste in die kategorie.

Vir die van julle wat wonder wat in die ander kategorieë gebeur het, hier is die info:
Gunsteling- manlike kunstenaar: Steve Hofmeyr
Gunsteling- vroulike kunstenaar: Juanita du Plessis
Gunsteling-popalbum: Rock Daai Lyfie – Nicholis Louw
Gunsteling-liedjie: Leeuloop – Robbie Wessels
Gunsteling-DVD: Rock Daai Lyfie Live – Nicholis Louw
Gunsteling-gospelkunstenaar: Ronéll Erasmus
Gunsteling-gospelalbum: U Laat My Lewe – Ronéll Erasmus
Gunsteling- kontemporêre kunstenaar: Chris Chameleon
Gunsteling- kontemporêre album: Seisoen – Theuns Jordaan
Gunsteling-nuweling: Bobby van Jaarsveld
Gunsteling-rockgroep: Ghapi
Gunsteling-rockalbum: Horisontaal – Valiant Swart
Stylvolste vroulike kunstenaar: Juanita du Plessis
Stylvolste manlike kunstenaar: André Schwartz
Topverkoper (Julie 2005 – Junie 2006): Vat My, Maak My Joune – Kurt Darren

Ghapi wys hoe dit gedoen moet word

My groot hero in die musiekbedryf, Ghapi aka Philip, was by die Afrikaanse Idols-kompetisie betrokke en het nie net saam met Valeska opgetree met die gala-aand nie, maar ook die liedjie geskryf waarmee Dewald die kompetisie gewen het. Well done, Philip!

Ghapi en Valeska sing hier "Ek wil jou hê"Ghapi en Valeska
Dewald sing sy wensong "Idol" wat Philip geskryf het Ghapi en Dewald

Die Newtons in Brussels

Soos julle weet, het ek "familie" in Brussels. Ek verlang my dood na hulle, maar kry darem gereeld 'n email en 'n oproep wat darem so 'n bietjie help vir die verlange. Ek is jaloers, want hulle was onlangs vir 'n naweek Euro Disney toe. Blykbaar het hulle almal, maar natuurlik veral Bailey, dit verskriklik geniet. Hier is 'n paar fotos wat hulle aangestuur het.

Bailey en Daisy Richard en sy impromptu Buffalo Bill act - 10 uit 10 vir spontaniteit Richard - Heehaa!!!Bailey en Gillian op een van die ridesBailey en NemoBailey en Buzz Lightyear