Thursday, May 24, 2007
Ghapi in Bloemfontein
Ghapi was die 1ste Maart vir 'n slag weer in Bloemfontein. Hy en Jak de Priester het by Hoërskool Sand du Plessis opgetree. Hy het 'n paar van sy nuwe songs gesing en ek kan nou nie wag vir die nuwe CD nie. Ek, Ferrie, JR, Marileen en Melanie het die gig gaan kyk.
Ek het Philip (Ghapi) November verlede jaar by die Kersiefees laas gesien en ek, JR en Marileen het toe na die tyd weer 'n slag lekker met hulle gaan gesels - so lekker dat ek op die ou einde net 4 van Jak de Priester se songs gesien het.
Hier is die hele band en ek, JR en Marileen.
+001.jpg)
JR, Ghapi en Marileen
Ek en Ghapi
Ek het Philip (Ghapi) November verlede jaar by die Kersiefees laas gesien en ek, JR en Marileen het toe na die tyd weer 'n slag lekker met hulle gaan gesels - so lekker dat ek op die ou einde net 4 van Jak de Priester se songs gesien het.
Hier is die hele band en ek, JR en Marileen.
+001.jpg)
JR, Ghapi en Marileen
+003.jpg)
+004.jpg)
Monday, May 21, 2007
Naweek in Gauteng
Gabriël se troue was die Vrydagaand, so ons het die res van die naweek gehad om in Gauteng rond te speel. Ek en my Boetie het toe besluit om die Saterdag Voortrekkermonument toe te gaan. Ons was albei baie jonk toe ons die laaste keer daar was, so dit was great om weer daar 'n draai te kon maak.
Die Voortrekkermonument
Vanuit die koepel
Al wat ek van die Voortrekkermonument onthou is die 3 miljoen trappe tot bo. Ek het meer moec gehad toe ek sien hulle het intussen 'n hyser ingesit.
+026.jpg)
+029.jpg)
Hier is my boetie, moeg trappe geklim, ek bedoel, hyser gery...
Die koepel
My neef, Ernst, bly in Pretoria en ons het hom ontmoet vir middagete.+040.jpg)
+034.jpg)
+036.jpg)
+040.jpg)
Gabriël en Hanlie trou
Op 16 Februarie 2007 het Gabriël en Hanlie in Cullinan getrou. Ek, my Boetie, Martin en Elizma is saam na die geleentheid toe. Dit was een van die mooiste troues waarby ek nog was. Die venue en sommer alles wat daarmee saamgaan was asemrowend.
Die gelukkige paartjie
Gabriël en Hanlie
Die Bruidegom
Nog 'n foto
Boetie en Martin was strooijonkers en die manne het te netjies gelyk in hulle pakke en geel dasse.+002.jpg)
+002.jpg)
Gillian en Bailey kom kuier in Suid-Afrika
Gillian en Bailey, my "familie" in Brussels, het in Februarie vir 'n paar weke hier in SA kom kuier. Dit was so lekker om hulle weer te sien. Soos julle weet is Bailey my hart se punt, en ek kon nie glo hoe groot hy alweer geword het nie. Hy is natuurlik nog net so sweet soos altyd en het my verstom met hoe goed hy Vlaams praat. Pa Richard moes ongelukkig werk en kon nie ook kom kuier nie. Ons het jou gemis, Richard.
Bailey
Bailey draai steeds almal om sy pinkie. Hier het hy 'n tannie wat kom kuier het so ver gekry om saam met hom swaai te ry - dit het nie veel oortuiging gevat nie.
Ek en Gill het 'n ou tradisie voortgesit en gaan Wimpy Coffee drink - hoe dan nou anders - of wat sê ek, Gill?
Ek en Bailey
Bailey




Happy 40ste Bday, Daniel
Daniel, my ontwerpervriend, het Februarie 40 geword en het die geleentheid met 'n formele bal by Emoya Estate, net buite Bloemfontein, gevier. Dit was 'n ongelooflike spesiale aand. Ek was in die bevoorregte posisie om in 'n oorspronklike Daniel Ellis-nommertjie daar op te daag - het soos 'n prinses gevoel.
My uitrusting - Van voor




Richard Newton, SABC News, Davos, Switzerland
My groot vriend en "boetie" in die Noorde (Brussels), Richard, het my baie jaloers gemaak met hierdie fotos. Hy het verslag gedoen uit Davos, Switzerland. Ek moet sê dat ek van al die plekke waar hy die afgelope tyd was en fotos van gestuur het die jaloerste was op hierdie - dit is ongelooflik.
Richard - die sneeuman - of is dit nou - die man in die sneeu
Kyk net hoe ongelooflik mooi is die sneeu...
...en die berge en die woude.



Friday, May 18, 2007
Addo-Olifantpark en PE Akwarium
Tydens ons PE-trip het ons by die Addo-Olifantpark ook 'n draai gaan maak. Dit was my eerste amptelike besoek aan die Olifantpark en ek moet sê ek het nogal bekommerd geraak toe ons na amper twee ure nog steeds nie eers een ding met 'n slurp gesien het nie... Maar soos hulle sê: All good things come to those who try to steer clear of the elephant dung..."
Welkom by Addo Nasionale Park

Only in Africa
En UITEINDELIK - Olifante!!!
En nog van hulle...

Die Maandag voordat ons teruggekom het het ons gou 'n draai by die Akwarium gaan maak en was toe betyds vir 'n Dolfynvertoning - baie oulik.

Welkom by Addo Nasionale Park

Only in Africa



Die Maandag voordat ons teruggekom het het ons gou 'n draai by die Akwarium gaan maak en was toe betyds vir 'n Dolfynvertoning - baie oulik.

Thursday, May 17, 2007
My en Boet se trippie na die Baai en omgewing
Ek en my boetie is die eerste naweek in Januarie genooi na 'n troue in Colchester naby PE. My boetie se groot vriend, André Gordon, is op Sondag, 7 Januarie op die wal van die Sondagsrivier getroud.
Ons het 'n langnaweek daarvan gemaak en by my buddy,Gideon, in Uitenhage gaan kuier. Dit het toere na Addo-olifantpark, J-Bay, die local akwarium, asook groot en lekker vreetsessies ingesluit. Ek verstaan nou wat die mense bedoel as hulle praat van 'n Brunsdonbraai - njam,njam... né, Gideon?!
Jeffreysbaai - Ferrie en Christo was ook daar met vakansie en het ons die Saterdagoggend op die strand kom join vir 'n vinnige kuiertjie. Hier is:
V.l.n.r. Gidoen, my boetie, Ferrie en Christo





Hallo 2007!
Ek weet nie van julle nie, maar 2007 het vir my met 'n "bang" begin hierdie jaar - en dit is al amper Junie...HELP! Te min dae, te veel dinge.
Ek het 2007 ingegaan met 'n kuier by Daniel. Dis so lank terug, ek kan amper nie eers onthou wie was almal daar nie. O ja, Daniel, Ek, Leon, Mnr Jan & Tannie Erica, Len - en Henda & Eugene het ook 'n draai kom maak.
Ons het lekker in die swembad baljaar en later 'n vleisie gebraai. Ek is die volgende dag terug Kimberley toe vir die laaste twee weke van my vakansie.
Op 2007! Cheers!

Ek en Daniel in die watergat...

Sorry tog!
Hallo aan al die gereelde besoekers aan my Blog!
Een groot vet verskoning vir die feit dat ek maande laas my blog ge-update het. Daar is 'n paar redes waarvan die belangrikste twee seker tyd en 'n belaglike, nie-werkende, 3de wêreldse internetkonneksie is.
Wel, verskonings afgehandel - hier kom al die nuwe dinge.
Een groot vet verskoning vir die feit dat ek maande laas my blog ge-update het. Daar is 'n paar redes waarvan die belangrikste twee seker tyd en 'n belaglike, nie-werkende, 3de wêreldse internetkonneksie is.
Wel, verskonings afgehandel - hier kom al die nuwe dinge.