Thursday, January 26, 2006

Volksbladfees en Gariepfees

Ek het bietjie in my 2005-argiewe gaan grawe en gedink ek moet dalk so ietsie op my blog sit oor verlede jaar se Volksblad- en Gariepfeeste. Die van julle wat al 'n tydjie saamkom weet dat ek leef vir Kunstefeeste en sulke dinge.

Wel, verlede jaar was dit my nie beskore om KKNK of Aardklop toe te gaan nie, maar ek moet sê dat die Volksbladfees hier in Bloem en die Gariepfees in Kimberley darem salf vir die wonde gebring het. Inteendeel, nie een van die twee feeste hoef terug te staan vir die groter feeste nie. Dit was baie goed geörganiseer en die kunstenaars was van hoogstaande gehalte.

Ja, ja, helfte van julle skud nou julle koppe en sê: "Ag Elzanne, dis net omdat Ghapi en Navi Redd op albei hierdie feeste was dat jy so daaroor voel. Ja...okay...dis waar. Ek kan nou nie ontken dat - in my opinie - hierdie twee "bands" van die beste in die land is nie.

Al wat ek kan sê is: Gaan kyk 'n show van enige van hierdie twee "bands" en dan sal jy verstaan hoe verslawend hierdie mense se passie vir musiek en vir perform is. Hulle is briljante musikante en maak my opgewonde oor die lewe.

Ghapi @ Gariepfees

Ghapi het die klomp Kimberliete, soos in sy Georgiadae, op hulle voete gehad by die Gariepfees. Georgia het opgebreek en Philip aka Ghapi het sy eie band begin. Hulle het verlede jaar die land aan die brand gesing. Hulle was ten minste een keer 'n maand hier in Bloemfontein - baie goed vir my siel.

Philip en sy boetie, Andries voordat Georgia opgebreek het.


Ghapi in aksie!


Ghapi - die band.
Ek en Philip in die VIP-tent voor een van hulle shows.

Wednesday, January 25, 2006

Navi Redd @ Gariepfees

Ek het hierdie ouens ontdek by KKNK 2003 toe hulle nog bekend gestaan het as Deo Decum. Hierdie nege ouens het intussen groot naam gemaak vir hulleself in ons land. Vir die wat nie weet nie - Navi Redd is 'n acapella groep - m.a.w. daar is geen instrumente nie. Alle geluide word met hulle monde gemaak. Dit is iets om te beleef.

Navi Redd het die Saterdagaand van die Gariepfees 'n opelug show gehad by die Gatskopstage.


Hulle het die oggend in die Kimberleyteater opgetree. Hier is ek en Dawie (links) en Hanno aka Spekslet


Sparky, Killer, Ek en Dean. (As julle al na hulle musiek geluister het - Dean is die kontra-tenoor wat so vrek hoog sing)

Die manne in aksie in die Kimberleyteater


Ek en Rika het hulle toevallig raakgekuier die aand na hulle show. Dis die niceste klomp ouens. Ons het heerlik met hulle gesels.


Monday, January 23, 2006

My familie in Brussels

My baie goeie vriende, Gillian, Richard en Bailey Newton, het einde 2005 België toe getrek. Hulle was my familie hier in Bloemfontein en ek mis hulle vreeslik. Hulle woon in Brussels en ek is bly om te kan sê dat ek nou familie in Brussels ook het.

Bailey en Gillian - ek kry koud as ek net na die foto kyk.

Richard en Bailey in die sneeu.
Gillian en Bailey geniet middagete in die dorp.

Bailey - my hart se punt - in sy Shumacher-outfit.

Friday, January 20, 2006

London 2005

Soos meeste van julle weet was ek verlede jaar van die 15de Oktober tot die 4de November in Engeland. Dit was 'n ongelooflike ondervinding.

Dit was wonderlik om weer saam met al my amazing vriende te kon kuier. Hierdie foto is geneem toe ek net op Heathrow aangekom het. By my is my twee liewe vriendinne, Mandie en Henda.

Ek en Mandie en Pieter was een Saterdag Bath toe. Hier is ek en sy op die "Hop-on-hop-off" bus in Bath.
Ek en Henda in die Bokbar in Covent Garden. Dit was my "Sê-koebaai-vir -London"-party en die trane het maar gerol toe ons mekaar moes groet daardie aand.

Roelof en ekke

Ek en my groot buddy Roelof het mekaar ook weer raakgeloop in London. Hierdie foto is geneem een aand voordat ons "The Producers" in die Westend gaan kyk het.

Elzanne en Elzaan

Ek en Elzaan by 'n regte egte sokkie in London. Dit was nogal weird. Het gevoel of ek maar net in 'n ander stad in Suid-Afrika is.

Ek het 'n hele klomp nuwe mense daar in die UK ontmoet wat in 'n kort tydjie sommer diep in my hart ingekruip het. Ek besef nou ek het nie fotos van almal nie - jammer julle.

Hier is Monique (voor) en Katherine, twee van Mandie se huismaats, die aand voordat ek teruggevlieg het in die Royal Albert Hall. Ons het "The Best of Broadway" gaan kyk. Defnitief een van my absolute hoogtepunte van my vakansie.

Ek en Phil in Greenwich. Hy is 'n Australianer.

Pieter (met die pragtige onderklere aan) - die groot liefde van Mandie se lewe.
Ek en Monique by die "WE WILL ROCK YOU SHOW" in die Westend. Die show kom Meimaand Suid-Afrika toe - doen julself 'n guns. Dit is letterlik "uit 'n ander wêreld"
Duncan en Linda. Vriende van Pieter wat een aand saam met ons gekuier het toe Pieter vir ons heerlike Lasagne gemaak (en sop vir nagereg - né Pieter)

London en Isle of Man

Soos dit 'n goeie toeris betaam was ek natuurlik by al die bekende spots. Hier is die Big Ben, London Eye en Greenwich.




Ek het ook vir 'n naweek oorgevlieg Isle of Man toe om vir Wolfie en Abrie te gaan kuier. Daai eiland is na aan die hemel. Dit is asemrowend mooi daar. Dit was 'n wonderlike naweek, op 'n wonderlike eiland, saam met wonderlike mense.


Thursday, January 19, 2006

Wolfie en Abrie trou (weer)






Julle sal ook sê ek is agterstevoorom met wat in my lewe aangaan! Julle is reg. Ons is besig om in trurat te beweeg. Hierdie fotos is 2 Desember 2005 geneem. Ek moet dit egter hier opsit sodat julle kan sien hoe 'n pragtige troue dit was. Ek en my boetie het afgevlieg PE toe en die volgende dag deurgery Jeffrey's Bay toe vir die troue. Het stunning mense ontmoet (Gideon, dis nou jy ook) en sommer net lekker gekuier saam met Wolfie-hulle voordat hulle teruggekeer het na die Isle of Man toe.

Goodbye 2005! Hello 2006!






Ek het die voorreg gehad om 2006 saam met van my beste vriende en vriendinne te betree. Ek, Henda, Elrien, Rassie en Kobus het lekker gekuier en gebraai terwyl ons die nuwejaar ingewag het. Kobus het ons vermaak met sy kitaar en ons bekke laat oophang vir die mooi songs wat hy geskryf het toe hy in London was.

Wednesday, January 18, 2006

Have yourself a merry little Christmas...


As dit jou eerste besoek aan my blog is: BAIE WELKOM! As jy al hier was: WELKOM TERUG! Dankie dat jy weer kom inloer het.

Ek moet begin deur my liewe vriendin, Mandie, in London te bedank dat sy my ingelig het oor die blog - R50 vir jou Mandie. Sy is reeds vergewe omdat sy my 'n oermens genoem het toe ek ewe onskuldig gevra het wat 'n "BLOG" is. Onthou ek is maar net 'n kind van Afrika...

Ek het nog nie kans gehad om almal van julle te email vandat ek terug is by die werk nie, maar ek hoop dat julle almal 'n wonderlike Kersfees gehad het en dat 2006 jul tot dusver baie goed behandel.

Die foto is Kersfees geneem toe ek by my ouers op die plaas was. Op die foto is ek, my boetie Charles(Jnr), my pa, Charles (Snr) en my ma, El-marié.