Ladies' Weekend
Hierdie foto is Saterdagoggend geneem toe ek hulle teen 10:30 uit die bed gejaag het met koffie. Soos julle kan sien was hulle maar half broos en weerloos.
Elrien en Henda - the morning after...
Welkom by my blog! Ek hoop dat julle die brokkies nuus en fotos van al my kaskenades sal geniet. As jy nie op my blog is nie en voel jy hoort hier, is jy welkom om vir my 'n foto en briefie te email. Dit sal aan die redakteur voorgelê word en na die nodige goedkeuring geplaas word... As dit jou eerste besoek is, begin heel onder aan die bladsy - gaan loer ook gerus in die argiewe.

Blake en Dawie - die ouens wat die opname gedoen het.

Ek en Elton
Sondag het my liewe neef, Ernst, en sy vrou, Reinette, my in Jhb kom haal sodat ek die dag saam met hulle kon spandeer voor ek teruggevlieg het Sondagaand. Hierdie foto is geneem toe ons Sondagmiddag by die botaniese tuine in Pretoria gaan eet het.
Monique was so gaaf om my te kom afsien by die lughawe Sondagaand.
Danit, Ek en Elton
Die klomp wat saam We Will Rock You gaan kyk het. Henda, Ferrie en Christo het Saterdag van Bloemfontein af deurgery vir die show. Ook op die foto is Monique, 'n vriendin wat ek verlede jaar in London ontmoet het. Sy woon en werk nou in Johannesburg.
Almal wat saam gekuier het: v.l.n.r. Hansie, Kobus, Henda, Mandie en ekke.
Henda is later deur 'n pienk serp (ingevoer vanuit London) en baie rooiwyn aangeval.

Ek en Pieter, die groot liefde in Mandie se lewe.
Ek en Mandie.

Beautiful bruggie op die staproete in die woud.
Mnr De Witt, Ek en Brenda, mnr se sekretaresse van die afgelope honderd jaar - okay, seker nie heeltemal so lank nie, maar sy is al deel van die familie.



Broer entertain die buurt.
V.l.n.r. Henda, Ekke, boetie en Hansie